Main 2018-06-13T13:19:50+00:00
BETER..... LEKKERDER..... GROTER!
Moet dit nie mis nie
0
0
0
0
Days
0
0
Hrs
0
0
Min
0
0
Sec

BETER…. LEKKERDER…. GROTER….

Dit is ’n 20 jaar sedert Pieter sy eerste album “Run with me” vrygestel en sy toetrede formeel tot die Suid Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gemaak het. in April 2001 sluit hy as aanbieder van die destydse “Kunskafee” by kykNET aan en sederdien het hy ’n lang lys benoemings, ’n sak vol toekennings en ’n totaal van 8 albums die lig laat sien. Hy sluit in 2002 by die porgram “Kwêla” as veldaanbieder aan, bied die gewilde “Kwêla Funnies” aan en is ook vir die afgelope 7 jaar die aanbieder van die gewilde musiekprogram “Jukebox”. Om nog ’n jaar in die bedryf te vier het Pieter iets spesiaals vir sy ondersteuners en viende gedoen. “Ek is versot op mense, en watter beter en lekkerder manier is dit dan om dit saam met jou vriende te doen wat jou nog altyd ondersteun en bystaan.

Hierdie gedagte het lank by my gebroei en in 2014 eindelik gestalte gekry. “Ek het besluit om letterlik ‘n groot braai te reël waar nie net ek en my vriende by mekaar kon kom nie, maar so ook elkeen van ons ondersteuners, hulle vriende, die mense wat nog nooit van ons gehoor nie en almal wat net wou kom inloer om die dag saam te geniet. Dit was ook belangrik dat almal die dag saam met hulle gesinne geniet. Die lewe raak duur en ek wou ‘n bekostigbare omgewing skep, ons het self immers 3 pragtige kindertjies en ek weet hoe duur so ‘n uitstappie kan raak. Noodloos om te sê was dit n ongelooflike dag. Ek kan onthou hoe ons gehoop het om 200 mense by die piekniek te hê, soos maar net ons eie vriende en kenisse wat die woord onder mekaar versprei het, en kan ook goed onthou hoe veraas ons was teen die tyd wat die piekniek goed op dreef was omdat daar toe digby die 700 mense die dag saam met ons geniet het. Dit was n duidelike teken dat daar n behoefte vir so geleentheid was en terugdraai kans was net daar gesmoor. Nou, in sy 5e jaar en vanweë die gewildheid van die piekniek maak ons weer so!

Ek is so bly dat mense ingekoop het in my ‘kuier’ gedagte – want dit is presies waaroor hierdie dag gaan, en hierdie jaar probeer ons om dit selfs nog groter, beter en lekkerder te maak! Hierdie jaar kom die radiostasie wat ook ‘n groot verskil in ons gemeenskap maak saam met ons piekniek. Die GrootFM span gaan by ons aansluit en regstreeks vanaf die piekniek op die dag uitsaai. So, as jy jou gunsteling GrootFM aanbieder wil kom ontmoet, nuuskierig is om te sien joe radio uitsendings werk, het jou nou selfs meer rede om die dag saam met ons te kom geniet. Buiten dit, vat ons ook hande saam met ongelooflike ondersteuners vanuit alle oorde in die vermaaklikheidsbedryf, besigheidswêreld en gemeenskap. My ondersteuningsnetwerk bly gesond en groei steeds hetsy die ondersteuning van kykers op KykNET en KykNET NOU, of wat die ondersteuning aan my as kunstenaar betref – met dit alles in gedagte wil ek voortgaan om iets spesiaals vir hulle te doen.” Maak jouself solank reg, skryf die datum neer en bespreek sommer nou jou plek vir ’n onvergeetlike kuier saam met Pieter en van sy vriende!

KUNSTENAARS

KURT DARREN

CAROLINE GRACE

JAY

PIETER SMITH

LIEZEL PIETERS

ELIZMA THERON

SUZZI SWANEPOEL

FATMAN

DZL

KLIPWERF

CH2

MUZIK KIDS

Kaartjies beloop R120 per persoon en kinders tussen die ouderdom van 2 en 12 jaar oud betaal net R20. Daar is ook veilige parkering beskikbaar teen R20 per voertuig. Die dag gaan oor ’n piekniek, en om dit selfs nog makliker en lekkerder te maak vir jou, die familie en vriende sal daar ’n verskeidenheid stalletjies wees met alles waaraan jy kan dink om te eet en te drink. So kuiertjie kan gewoon ook nie sonder ‘n lekker braaivleisvuurtjie nie, daarom sal dit ook brand met al die nodige vir jou om self jou vleisie op die kole te gooi en natuurlik sal jy ook kan uitsien na ’n heerlike kuier en optrede saam met Pieter en van sy vriende wat van die land se voorste kunstenaars insluit. Daar gaan baie te doen wees vir oud en jonk, en eie aan Pieter se aard, gaan daar beslis ook net-net ’n verassing of 3 uit die hoed uit spring.

Bespreek